| |||||||
Gestig | 29 Oktober 1946 | (as Orient Airways)||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Hoofspille | |||||||
Fokusstede |
| ||||||
Lojaliteitsprogram | PIA Awards Plus | ||||||
Subsidiêre |
| ||||||
Vlootgrootte | 28 | ||||||
Bestemmings | 56[1] | ||||||
Houermaatskappy | Aviation Division, Government of Pakistan[2] | ||||||
Verhandel as | PIAA | ||||||
Hoofkantoor | Jinnah Internasionale Lughawe Karatsji, Pakistan | ||||||
Omset | ₨94.989 miljard (VS$590 miljoen) (FY 2019–20) | ||||||
Bedryfsinkomste | ₨-680 miljoen (VS$−4.2 miljoen) (FY 2019–20) | ||||||
Netto inkomste | ₨-34.643 miljard (VS$−220 miljoen) (FY 2019–20) | ||||||
Werknemers | ~10 500[3] (2021) | ||||||
Webwerf | piac.com.pk |
Pakistan International Airlines (Oerdoe: پاکستان انٹرنیشنل ایئرلائنز; afgekort PIA) is 'n internasionale lugredery wat dien as die nasionale vlagdraer van Pakistan onder die administratiewe beheer van die Lugvaartsekretaris van die regering van Pakistan. Sy sentrale spilpunt is Karatsji se Jinnah Internasionale Lughawe, terwyl Allama Iqbal Internasionale Lughawe in Lahore, en Islamabad Internasionale Lughawe as sekondêre spilpunte dien.
PIA is Pakistan se grootste lugredery en bedryf 'n vloot van 29 vliegtuie. Die lugredery bedryf daagliks byna 100 vlugte en bedien 18 binnelandse bestemmings en 25 internasionale bestemmings regoor Asië, Europa, die Midde-Ooste en Noord-Amerika. Benewens kommersiële vlugbedrywighede, besit PIA ook The Roosevelt Hotel in New York Stad, en die Sofitel Paris Scribe Hotel in Parys.[5] Die lugredery bedryf 'n gereelde vliegprogram, PIA Awards +, en het verskeie codeshare- en interlyn-ooreenkomste. Dit is egter nie deel van enige lugredery-alliansie nie.[6]
Op 30 Junie 2020 is PIA aanvanklik vir ses maande verbied om in die Europese lugruim te vlieg, vanaf 1 Julie 2020, en daarna onbepaald nadat EASA vasgestel het dat die lugredery nie in staat was om sy operateurs en vliegtuie te sertifiseer en toesig te hou in ooreenstemming met toepaslike internasionale standaarde nie.[7] Dié besluit is geneem kort nadat dit aan die lig gekom het dat minstens 'n derde van alle vlieënierslisensies wat in Pakistan uitgereik is, nie eg was nie.[8] Teen 9 Julie 2020 is die lugredery ook deur die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State verbied.[9]